Strict Standards: Non-static method PageInfoOperations::LoadPageInfoByContentAlias() should not be called statically in /home/loskopgi/public_html/index.php on line 117
Loskop Gimnasium - Welkom by Loskop Gimnasium
English Afrikaans
Welkom by Loskop Gimnasium
Click on a thumbnail to view a larger image. Click on the close button to close it.

Die oomblik waarvoor almal gewag het, het aangebreek. Loskop Gimnasium het sy deure geopen op Maandag, 17 Augustus 2009.

Almal is welkom - die korporatiewe gimnasium verwelkom alle lede van die gemeenskap.  Inwoners kan nie bekostig om nié deel te wees van die nuwe gimnasium nie. Die redes daaroor is as volg:

  • Met 'n doelgerigte oefenprogram is jy binnekort fiks en ferm -net betyds vir die Somer!
  • Met oefening voel jy gesond en slaap jy goed.
  • Met oefening het jy meer energie in die dag.


Jy verdien punte met oefening sowel as fiksheidsbepalings- toetse indien jy 'n Discovery/Vitality-lid is.

Professionele hulp en bystand is beskikbaar sodat jy jouself nie in die eerste week al beseer nie. Leerlinge kan nou deur die jaar aan sy eie persoonlike doelwitte in sy sport werk. Skoolsportspanne word gekondisioneer vir optimale prestasie. 

Rehabilitasie deur die biokinetikus is geskik vir herstel na 'n motorongeluk of 'n operasie. Eersteklas fasiliteit, eersteklas diens. Jy kan net sowel kom - jou vriende is alreeds hier.

Loskop Gimnasium is op die terrein van Hoërskool Ben Viljoen. Min gimnasiums kan spog met 'n eersteklas fasiliteit in 'n asemrowende omgewing en boonop genoeg spasie om in te kan leef en groei.  Dit is die enigste gimnasium met hierdie fasiliteite in 'n 85 km radius!

Ons verskil almal. Ons almal leef en groei verskillend. Wat vir die een werk, werk nie noodwendig vir 'n ander nie. Ons hou gelukkig ook nie van dieselfde dinge nie.

Die Loskop Gimnasium bied verskillende oefenareas sowel as 'n reeks verkillende eersteklas masjiene, gewaarborg om aan almal se behoeftes te voldoen.

Loskop Gimnasium is 'n nie-winsgewende fasiliteit:  Alle wins gaan aan Hoërskool Ben Viljoen vir verdere verbeteringe en uitbreidings.

Alta Gosling
Administrasie & Lidmaatskap

 

Ledetal

19 April 2010
Die gimnasium het in net
8 maande 'n ledetal van 600!




Lê ook besoek af by
Hoërskool Ben Viljoen